Ondersoek opgeblase salaris van parlement-sekretaris dringend: DA

Die DA vra ‘n dringende ondersoek na die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo. Dit volg op bewerings oor die salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George. Die Sunday Times berig George verdien ‘n opgeblase jaarlikse salaris van 4,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die hoofsweep van die DA, Siviwe Gwarube, sê dit is twee keer meer as wat die salaris van ‘n sekretaris van die parlement behoort te wees. Gwarube sê die optrede van die speaker veroorsaak twyfel oor die instelling se finansiële bestuur.