IPC teiken werklose jeug met bemagtigingsfonds

Die leier van die IPC, Panduleni Itula, het op sy sosiale media-bladsye gedeel dat IPC, as ‘n verbintenis tot die jeug in Namibië, ‘n bemagtigingsfonds vir jong entrepreneurs sal stig wat die Nsfaf weerspieël, maar pasgemaak is vir entrepreneurs. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se woordvoerder, Imms Nashinge gepraat, wat sê as deel van IPC-manifes is hul doel om alle werklose jeugdiges te teiken en hulle te help om entrepreneurs te word.