Brave Gladiators soek punte teen Zimbabwe

Die Brave Gladiators, Namibië se nasionale vroue-sokkerspan, speel vandag hul tweede wedstryd by die Cosafa vroue-kampioenskap in Gauteng teen Zimbabwe. Die Gladiators het Vrydag 1-1 gelykop gespeel teen Botswana se Mares, wat een van die gunstelinge is om die toernooi te wen. ‘n Oorwinning vandag sal die Gladiators se posisie versterk om die semi-finale te haal. Hulle speel hul laaste groepwedstryd Woensdag teen Lesotho.