Staak fopnuus oor krisis in Israel, sê Joodse Raad

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het die Departement van Internasionale Betrekkinge gekritiseer oor sy reaksie op die krisis in Israel. Die departement word beskuldig dat hy geen empatie toon oor die tragiese lewensverlies onder Israeliese burgers nie, terwyl daar wydverspreide internasionale veroordeling van Hamas is, en omdat hy ongegronde beskuldigings deur terreurgroepe herhaal. Die Raad se voorsitter, Karen Milner, het op ‘n nuuskonferensie gewaarsku teen fopnuus en vals bewerings oor die vernietiging van die Al-Aqsa-moskee in Jerusalem.