Gesondheidsministerie hou Covid-verwikkelinge fyn dop

Aansteking met ‘n nuwe variant van Covid-19 is steeds besig om toe te neem in die VSA en Europa, en lede van die publiek wil weet of hulle vir versterking-spuite moet gaan. Die Adjunk Uitvoerende Direkteur van die gesondheids-ministerie, Petronella Masabane, het vroeër gesê hulle het net J&J spuite beskikbaar en mense is aangeraai om hierna te migreer as hulle hul immuniteit wil versterk of immuniteit wil verkry. Ben Nangombe, die ministerie se uitvoerende direkteur, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle monitor die situasie.