Myne in Erongo-streek kom onder staande komitee se vergrootglas

Die Parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne se subkomitee oor myne en energie besoek mynmaatskappye in die Erongo-streek op ‘n vertroudheidsbesoek vanaf 9 tot 13 Oktober. Die doel van die besoek is om vas te stel of mynmaatskappye aan arbeids- en omgewingswette voldoen. Die komitee stel verder daarin belang om die regering se aandeelhouding in plaaslike myne uit te vind, asook die impak van mynmaatskappye se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsaktiwiteite. Die hoof van die afvaardiging, Kletus Karondo, het die doel van die besoek verduidelik tydens ‘n hoflikheidsoproep met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre.