Agribank-lenings aansienlik hoër as in 2022

Agribank se bemarkingsbestuurder, Rino Muranda, sê die bank se leningsuitbetalings in 2023 is aansienlik hoër vergeleke met die vorige jaar. Gedurende die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het, het 564 kliënte by die bank se lenings baat gevind, teenoor 440 kliënte die vorige jaar. Grondaankope oorheers steeds die leningstoekennings en het 98,2 miljoen Namibiese dollar vir 134 122 hektaar beloop. Dit is ‘n aansienlike toename vanaf 55,1 miljoen dollar vir 57 965 hektaar die vorige jaar. Vee-aankope het ook ‘n styging beleef en het 76.8 miljoen dollar bereik vergeleke met 52.2 miljoen dollar die vorige jaar.