Bystand aan die Oekraïne moet voortduur

Estland se minister van verdediging Hanno Pevkur sê dit sal baie gevaarlik as Navo-lidlande en ander bondgenote van die Oekraïne sogenaamde oorlogsmoegheid ontwikkel en bystand aan die land staak. Hy sê sy land sal alles in sy vermoë doen om die Oekraïne by te staan. Hy het met Britse media gepraat.

Read More

SA het hoogste getal skilpadspesies ter wêreld

Suid-Afrika huisves 13 skilpadspesies, die hoogste getal ter wêreld. Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe sê die Droëlandbewaringsprogram het pogings verskerp om hierdie bedreigde spesies in die Karoo-ekostelsel te beskerm, veral die gespikkelde dwergskilpad en die Karoo-dwergskilpad. Die vernietiging van habitat, klimaatsverandering en onwettige versameling vir die troeteldierhandel hou bedreigings in vir hulle bestaan. Ander skilpadspesies, […]

Read More

Shikongo het kommer oor drank, dobbelary onder lede

Plaaslike media berig dat die Namibiese polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sy kommer drankmisbruik en dobbelary in die mag uitgespreek het. Daarom is finansiële bestuur in die lede se opleiding ingesluit. Volgens Shikongo bestee beamptes hulle salarisse kort na betaaldag op drank en dobbelary en daarom moet omvattende opleiding aangebied word. Stresbestuur vorm dus ook deel van die kursus. Shikongo het ook […]

Read More

Swakop-bejaardes moet sê hoekom hulle nie kan betaal nie

Die Swakopmundse raad nooi Swakopmund-pensioenarisse uit om amptelike of polisieverklarings in te dien met redes vir die probleme wat hulle het om hul skuld te betaal. Die raad sê hy verstaan dat onvoorsiene omstandighede die bejaardes se vermoë om hul finansiële verpligtinge na te kom, kan beïnvloed, maar is steeds daartoe verbind om vriendskaplike oplossings […]

Read More

Diefstal, vandalisme duur voort by Eskom

Eskom sê daar vind steeds baie voorvalle van diefstal en vandalisme van sy infrastruktuur plaas, veral in Gauteng. Die kragverskaffer sê hy is geskok oor ‘n video op sosiale media van ontblote kragdrade by ‘n onwettige verbinding aan ‘n Eskom-transformator deur ‘n nabygeleë gemeenskap in Garankuwa se nywerheidsgebied. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê onwettige verbindings skep aansienlike […]

Read More

177 omgewingsaktiviste in ’22 vermoor

‘n Verslag van die nieregeringsorganisasie Global Witness het onthul minstens 177 mense is verlede jaar vermoor omdat hulle die omgewing verdedig. Colombië was die dodelikste land vir omgewingsaktiviste en 60 moorde is daar aangemeld. Die verslag beklemtoon die geskarrel vir hulpbronne in Latyns-Amerika, Asië en Afrika as oorsaak van die geweld. Dit sluit in die ontginning van skaars aardminerale wat gebruik word in die […]

Read More

Outomasering in Padongelukkefonds lok reaksie in buurland uit

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa vra groter deursigtigheid in die bestuur van die Padongelukkefonds om voortgesette uitdagings die hoof te bied en sy bedryf te verbeter. Die vakbond waarsku die fonds se plan om eis-oorwegings met kunsmatige intelligensie te outomatiseer kan lei tot werksverliese en ‘n groter agterstand met die verwerking van eise. Numsa het sy […]

Read More

Man deur Erongo-polisie gevind in besit van vermiste man se visstokke

Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê ‘n persoon is ingebring vir ondervraging in die verdwyning van Robby Michael van Omaruru. Die 53-jarige Michael is Sondag as vermis aangemeld na sy motor in die see by Myl 72 gevind is. Hy het blykbaar gaan visvang. Daar was talle gerugte dat hy Saterdagaand op Hentiesbaai deur ‘n motor gejaag is en dat […]

Read More

Onwettig skole in Gauteng moet gesluit word

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Onderwysdepartement onafhanklike skole wat onwettig bedryf word, moet sluit omdat hulle leerders weerhou van toegang tot gehalte-onderwys en ‘n bevorderlike leer-omgewing. Die party het klagtes ontvang oor 13 skole wat glo onwettig in Bloubosrand, in die noordweste van Johannesburg, bedryf word. Die DA-lid, Khume Ramulifho, sê hulle het toesighoudende […]

Read More

Amerikaners sal verstom wees oor wat daar bevind is oor Biden

Die speaker van die  Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy, het die Huis-komitee sê die Republikeins-geleide ondersoeke na president Joe Biden het bewerings van magsmisbruik, obstruksie en korrupsie ontbloot. ‘n Meerderheidstem in die Huis, waar die Republikeine ‘n geringe meerderheid is, is nodig om Biden amptelik aan te kla. ‘n Tweederde-meerderheid om hom skuldig te bevind, is in die […]

Read More