Korrektiewe Diens plant fluks, verbou verskeie gewasse

Die samewerking tussen Namibiese Korrektiewe Dienste en die Wêreldvoedselprogram het bygedra tot organisatoriese selfvoorsiening, nasionale voedselsekerheid en bereiking van die geen-honger doelwit teen 2030. Volgens die adjunk-kommissaris van Korrektiewe Dienste, Sam Shaalulange, vorder hulle uiters goed met voedselproduksie by verskeie aanlegte regoor die land. Hidroponiese projekte word in Gobabis, Oluno, Walvisbaai en Windhoek gevestig by fasiliteite vir vroulike gevangenes. […]

Read More

Kenner sê oor olieprys met oorlog in Israel

Oliepryse is op met die konflik in die Midde-Ooste, te midde van vrese dat gevegte verder kan uitbrei. Een potensiële uitkoms is ‘n verlangsaming in Iranse olie-uitvoere, wat vanjaar gegroei het. Minder aanbod van ru-olie sal die prys opstoot. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat wat sê as die […]

Read More

Vlakke van Von Bach, Hardap daal skerp

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 28,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Von Bach is op 19,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 55.8 persent staan, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 28,1 persent met net meer as 2 […]

Read More

Nabta wil N$2 verhoging in taxi-fooie hê

Die Bus- en Taxivereniging van Namibië oorweeg ‘n verhoging in bus- en taxitariewe na die onlangse skerp styging in petrolpryse. Die vereniging se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo, het kommer uitgespreek oor die eskalerende situasie en die moontlike nadelige impak op passasiers beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Nakathingo gepraat, wat voorgestel het om taxi-tariewe te verhoog […]

Read More

Israel-Gaza: 1 500 dood, grondaanval kom, Hamas dreig om gevangenes te dood

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, waarsku Hamas dat hy groot moeilikheid moet verwag. Meer as 900 mense is sedert Saterdag dood toe Hamas Israel aangeval het. Amper 700 mense is in Gaza dood nadat Israel teenaanvalle uitgevoer het in reaksie op die aanvalle deur Palestynse militante. Israel het sy bombardement van die Gaza-strook verskerp […]

Read More

Cosatu vra skietstilstand in Midde-Ooste

Cosatu het ‘n beroep gedoen vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in die Israeli-Palestynse konflik, en spreek diepe hartseer uit oor die lewens wat verlore is, veral dié van burgerlikes en kinders. Hulle bevestig weer hulle steun vir die Palestynse stryd en doen ‘n beroep op alle partye om die siklus van geweld wat reeds 75-jaar duur, […]

Read More

Streeksleierskap in Zambezi kry N$50 000 borg op korrupsie-klagtes

Die Zambezi-streekshoof, Regina Ndopu-Lubinda, en drie ander direkteure by die streeksraad wat deur die Teenkorrupsiekommissie in hegtenis geneem is, is borgtog van 50 000 Namibiese dollar elk toegestaan. Hulle het in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn op vyf aanklagte van korrupsie van meer as 4 miljoen dollar. Volgens plaaslike berigte is nog vier werknemers van die […]

Read More

Ramokgopa betreur onwettige verbindings, vandalisme

Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipaliteite word steeds gekonfronteer met die groot probleem van onwettige aansluitings wat Eskom se toevoer raak. Ramokgopa het die jongste inligting verskaf oor die implementering van die energie-aksieplan. Hy sê gemeenskappe in sommige dele van die land bly in die duister, selfs sonder beurtkrag, weens vernietiging van die […]

Read More

EU-leiers, Sunak en Biden vergader oor Midde-Ooste

Duitse kanselier Olaf Scholz sê hy en die Franse president Emmanuel Macron sal die situasie in Israel met die Amerikaanse president Joe Biden en die Britse premier Rishi Sunak bespreek. Scholz, wat Macron by ‘n gesamentlike Duits-Franse kabinetsberaad in Hamburg ontvang het, het Hamas se aanval op Israel “barbaars” genoem. Hy het egter bygevoeg Duitsland, […]

Read More

Rugby: Dis ‘n grote vir die All Blacks Saterdag

Nieu-Seeland en Ierland kom Saterdag in ʼn Wêreldbeker-kwarteindstryd teen mekaar te staan. Dit gaan ʼn stywe opdraand vir die magtige All Blacks wees om teen ʼn Ierse span te speel wat nommer een in die wêreld is en moontlik ʼn wenrekord kan opstel. Ierland het verlede jaar geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ʼn […]

Read More