Toegangsfooi op besige dae in Venesië nou betaalbaar

Die Italiaanse stad Venesië het ʼn nuwe skema ingestel wat behels dat dagbesoekers ʼn fooi moet betaal om toegang tot die geskiedkundige stad te verkry. Dit is ʼn eerste vir die wêreld, met die doel om die druk te verlig wat toerisme op die stad toepas. Jy sal nou n kaartjie van €5,30 (sowat N$110) moet koop. Venesië word as een van die mooiste stede beskou en is een van die wêreld se top-toeristebestemmings.