Nabta wil N$2 verhoging in taxi-fooie hê

Die Bus- en Taxivereniging van Namibië oorweeg ‘n verhoging in bus- en taxitariewe na die onlangse skerp styging in petrolpryse. Die vereniging se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo, het kommer uitgespreek oor die eskalerende situasie en die moontlike nadelige impak op passasiers beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Nakathingo gepraat, wat voorgestel het om taxi-tariewe te verhoog na 15 Namibiese dollar op roetes soos Katutura na die stad.