Cosatu vra skietstilstand in Midde-Ooste

Cosatu het ‘n beroep gedoen vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in die Israeli-Palestynse konflik, en spreek diepe hartseer uit oor die lewens wat verlore is, veral dié van burgerlikes en kinders. Hulle bevestig weer hulle steun vir die Palestynse stryd en doen ‘n beroep op alle partye om die siklus van geweld wat reeds 75-jaar duur, te beëindig. Matthew Parks van Cosatu bepleit ‘n tweestaat-oplossing en stel internasionale sanksies teen Israel voor indien hy weier om gehoor te gee aan die Verenigde Nasies se resolusies om die konflik te beëindig: