Korrektiewe Diens plant fluks, verbou verskeie gewasse

Die samewerking tussen Namibiese Korrektiewe Dienste en die Wêreldvoedselprogram het bygedra tot organisatoriese selfvoorsiening, nasionale voedselsekerheid en bereiking van die geen-honger doelwit teen 2030. Volgens die adjunk-kommissaris van Korrektiewe Dienste, Sam Shaalulange, vorder hulle uiters goed met voedselproduksie by verskeie aanlegte regoor die land. Hidroponiese projekte word in Gobabis, Oluno, Walvisbaai en Windhoek gevestig by fasiliteite vir vroulike gevangenes. Die voedselprogram het ook 8 ton koringsaad aan die diens verskaf vir aanplanting by sy Divundu-, Evaristus Shikongo- en Hardap-fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaalulange gepraat oor die jongste oor die projekte.