Israel-Gaza: 1 500 dood, grondaanval kom, Hamas dreig om gevangenes te dood

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, waarsku Hamas dat hy groot moeilikheid moet verwag. Meer as 900 mense is sedert Saterdag dood toe Hamas Israel aangeval het. Amper 700 mense is in Gaza dood nadat Israel teenaanvalle uitgevoer het in reaksie op die aanvalle deur Palestynse militante. Israel het sy bombardement van die Gaza-strook verskerp as vergelding teen Hamas se oorgrens-inval. Intussen sê Hamas hy sal ‘n Israeliese gevangene teregstel elke keer as Israel ‘n Palestynse huis sonder waarskuwing bombardeer. Israel het 300 000 reserviste opgeroep en ‘n blokkade op die Gaza-strook ingestel met beplanning vir ‘n grondaanval.