EU-leiers, Sunak en Biden vergader oor Midde-Ooste

Duitse kanselier Olaf Scholz sê hy en die Franse president Emmanuel Macron sal die situasie in Israel met die Amerikaanse president Joe Biden en die Britse premier Rishi Sunak bespreek. Scholz, wat Macron by ‘n gesamentlike Duits-Franse kabinetsberaad in Hamburg ontvang het, het Hamas se aanval op Israel “barbaars” genoem. Hy het egter bygevoeg Duitsland, Frankryk, die VSA en die Verenigde Koninkryk stem saam “niemand moet terreur in hierdie situasie verder aanwakker nie”. Intussen waarsku die sekretaris-generaal van die Noorse vlugtelingraad, ‘n internasionale hulporganisasie, dat die Israeliese regering se belofte om die Gaza-strook te beleër en te blokkeer, “volslae rampspoed” sal beteken vir die meer as 2 miljoen Palestyne wat in die klein gebied woon.