Ramokgopa betreur onwettige verbindings, vandalisme

Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipaliteite word steeds gekonfronteer met die groot probleem van onwettige aansluitings wat Eskom se toevoer raak. Ramokgopa het die jongste inligting verskaf oor die implementering van die energie-aksieplan. Hy sê gemeenskappe in sommige dele van die land bly in die duister, selfs sonder beurtkrag, weens vernietiging van die infrastruktuur.