Kenner sê oor olieprys met oorlog in Israel

Oliepryse is op met die konflik in die Midde-Ooste, te midde van vrese dat gevegte verder kan uitbrei. Een potensiële uitkoms is ‘n verlangsaming in Iranse olie-uitvoere, wat vanjaar gegroei het. Minder aanbod van ru-olie sal die prys opstoot. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat wat sê as die konflik uitbrei is dit ‘n gegewe dat die olieprys sal styg.