Rugby: Dis ‘n grote vir die All Blacks Saterdag

Nieu-Seeland en Ierland kom Saterdag in ʼn Wêreldbeker-kwarteindstryd teen mekaar te staan. Dit gaan ʼn stywe opdraand vir die magtige All Blacks wees om teen ʼn Ierse span te speel wat nommer een in die wêreld is en moontlik ʼn wenrekord kan opstel. Ierland het verlede jaar geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ʼn reeksoorwinning teen Nieu-Seeland te behaal en het nou die geleentheid om vir die eerste keer verder as die Wêreldbeker-kwarteindronde te vorder. Heelagter Beauden Barrett sê dis ʼn uitdaging waarna die All Blacks uitsien: