Land se eerste PET-plastiekherwinningsaanleg bring voordele

Die inwyding van Namibië se eerste poliëtileentereftalaat plastiekherwinningsaanleg, is ‘n gesamentlike poging tussen Namibia Polymer Recyclers en Coca-Cola Beverages Africa in Namibië. Die PET Flake Plant in Okahandja verteenwoordig nie net ‘n prysenswaardige belegging in die land se omgewingsvolhoubaarheid nie, maar ook ‘n besliste stap in die rigting van die verwesenliking van die visie van ‘n sirkulêre ekonomie. Hierdie inisiatief, gerugsteun deur ‘n belegging van 24 miljoen Namibiese dollar, versterk die verbintenis van The Coca-Cola Company en sy vennote om die regering te help met sy agenda om ‘n Namibië en ‘n wêreld sonder vermorsing te skep. Tshidi Ramogase, die groep direkteur van openbare sake, kommunikasie en volhoubaarheid by Coca-Cola Beverages Africa, het gepraat oor wat dit vir Namibië sal beteken.