Vlakke van Von Bach, Hardap daal skerp

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 28,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Von Bach is op 19,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 55.8 persent staan, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 28,1 persent met net meer as 2 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 54,8 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 52,6 persent water. Die Neckartaldam, wat onbenut is, is 89,3 persent vol. Die Ooste se totale bronne is op 5,7 persent met die Otjiverodam op 7,6 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 27,7 en 4,1 persent. Water word nog steeds na die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 41,1 persent.