Amerika, China moet vennote wees: Xi Jinping

Die Chinese president, Xi Jinping, het aan die top-Amerikaanse diplomaat, Antony Blinken, gesê die wêreld se twee grootste ekonomieë moet vennote wees, nie teenstanders nie. Blinken het vir die tweede keer in minder as ‘n jaar vooraanstaande Chinese politici in die hoofstad Beijing ontmoet. Amerikaanse amptenare het gesê hy sal belangrike verskille opper, insluitend Rusland, Taiwan en die kwessie rondom handel. Xi het Blinken in Beijing ontmoet en gesê die twee lande het positiewe vordering gemaak sedert hy verlede jaar met die Amerikaanse president, Joe Biden, vergader het.