Mianmar nou wêreld se top-opiumvervaardiger

Mianmar het die wêreld se voorste vervaardiger van opium geword en het Afghanistan verbygesteek vanjaar. ‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies sê die 95 persent afname in opiumverbouing in Afghanistan ná ’n dwelmverbod deur die Taliban in 2022, het die globale aanbod na Mianmar sien verskuif. In daardie land het politieke, maatskaplike en ekonomiese onbestendigheid, teweeggebring deur ‘n staatsgreep in 2021, gemaak dat talle mense hulle tot papawerboerdery wend. Boere in Mianmar verdien nou sowat 75 persent meer uit opium-papawerboerdery, aangesien die gemiddelde prys van die blom amper 7 000 Namibiese dollar per kilogram bereik het.