Groenlig vir streekkantoor vir burgersake by Katima

Die binnelandse sake-minister, Dr. Albert Kawana, het opdrag gegee vir die bou van ‘n streekkantoor vir burgersake by Katima Mulilo in die Zambezi-streek. Die streekkantoor sal ook Immigrasie, die Namibië Korrektiewe Dienste en die Vlugtelinge-afdeling huisves. Die kantore sal ’n een-stop grensfasiliteit verskaf waar alle dienste met burgerlike sake verband sal hou. Die Streekkantoor ter waarde van meer as 100 miljoen Namibiese dollar sal een van die grootste kantore wees. Dr Kawana is aan die woord.