Voedselbanke in Gauteng loop leeg

Die DA in Gauteng sê die kwesbaarste inwoners van die provinsie, wat uitsluitlik van die departement van Maatskaplike Ontwikkeling afhanklik is vir voedsel, gaan honger ly aangesien die voorraad in die provinsiale voedselbanke opraak. ʼn Woordvoerder van die DA, Refiloe Nt’sekhe, sê na talle klagtes van kwesbare inwoners in Gauteng, het die party ’n oorsigbesoek by die voedselbanke in Ekurhuleni en Tshwane onderneem waar hulle ontdek het die voorraad is inderdaad uitgeput.