Tshwane se watertoevoer wankel

Die Stad Tshwane sê hy ondervind reuse-uitdagings met watertoevoer in die omgewing van Soshanguve, met ‘n omvangryke onderbreking in Mabopane. Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, streekbestuur en koördinering, Themba Fosi, sê die probleem met watertoevoer spruit grootliks uit die ernstige skade wat aan pypleidings in die gebied aangerig is. Hy sê die probleem word vererger deur onwettige verbindings, wat ook ‘n ernstige bron van kommer is.