Zuma kan nie appelleer nie

Die Appèlhof het oudpresident Jacob Zuma se aansoek van die hand gewys om te appelleer teen die ongeldigverklaring van sy private vervolging teen staatsaanklaer Billy Downer en joernalis Karyn Maughan. Die voormalige president wil privaat vervolg en beweer hulle het die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree. Regter Nathan Ponnan het beslis die feite toon die private vervolging is ‘n misbruik van die hofproses omdat dit gedoen is as deel van Zuma se volgehoue pogings om sy strafregtelike verhoor te belemmer, te vertraag en te voorkom.