LUR vra ondersoek na plaaswerkers se dood

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, vra vir ‘n volledige ondersoek na die dood van drie plaaswerkers. Die drie is dood en nog 70 mense beseer toe die Isuzu-vragmotor waarin hulle gery het gister op Occultdaleweg, naby Philadelphia in die provinsie, omgeslaan het. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Meyer sê boere en produsente wat werkers vervoer moet die veiligheid van voertuie en hul werkers verseker.