SA ‘A’ begin stewig teen Indië ‘A’ in Potchefstroom

Krieket: ‘n Hardnekkige honderdtal deur Jean du Plessis en ‘n loopbaan-beste beurt deur Rubin Hermann het Suid-Afrika A tot 298 vir vyf gevoer op die tweede dag van die eerste vierdaagse wedstryd teen Indië A in Potchefstroom. Du Plessis het beïndruk met ʼn onoorwonne 103 en Hermann was net vyf lopies kort van sy eerste eersteklas-honderdtal. Die spel kon uiteindelik begin nadat geen spel op die eerste dag moontlik was nie weens reën en ʼn nat buiteveld, met die gashere wat besluit het om eerste te kolf nadat hulle die loot gewen het.