74 Werkers keer terug werk toe maar staking duur voort by NBC

Die staking by die NBC duur voort, maar 74 werknemers het intussen teruggkeer werk toe.Die voorsitter van die raad van die openbare uitsaaier Lazarus Jacobs, sê in ‘n verklaring daar is op die oomblik 141 mense wat werk, aangesien 67 nie aan die staking deelneem nie. Die Engelse radiodiens, National FM, is ook weer terug […]

Read More

Copps skop vanaand 8 uur af

Kosmos 94.1 se Copps-program is van vanaand af terug op die lug saam met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, Emed Rescue 24 en Windhoek City Police Service – WCPS. Die publiek word aangemoedig om misdaad by 94100 aan te meld en die span sal dadelik na die misdaadtoneel vertrek. Darren […]

Read More

Napwu: NBC verwar werkers

Die Namibiese Nasionale Uitsaaier se direksie en bestuur het pas ‘n mediaverklaring uitgereik waarin personeel bedank word wat nie gestaak het nie, asook diegene wat besluit het om terug te keer werk toe. Hierdie verklaring word egter deur NBC-werkers se vakbond, Napwu, se Senior Organiseerder, Katuo Kleophas, bevraagteken. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê […]

Read More

Kavango-Wes kry Gesondheidsdirekteur

Fransiska Hamutenya is as die Gesondheidsdirekteur in die Kavango-Wesstreek aangestel, berig Namibiese media. Voor haar aanstelling op 26 April het die streek onder die gesondheidsdirektoraat van die Kavango-Oosstreek geval. Hamutenya sê sy gaan die streek se bestuurspan en programbestuurders vestig wat noodsaaklik is om dienslewering vir inwoners te versterk. Sy is tans die enigste personeellid in die streek en meer personeel sal aangestel word.  

Read More

Windhoek se begroting N$4,9 miljard

Stad Windhoek het sy begroting van N$4,9 miljard vir die 2021-2022 finansiële jaar aangekondig. Die Voorsitter van die Bestuurskomitee, Fillemon Hambuda, het gesê die begroting sal aan die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling vir goedkeuring voorgelê word. Hy sê in die begroting word aandag gegee aan die inwoners se behoeftes, veral diegene in informele […]

Read More

Soldaat hou bus met 18 kinders gyselaar

‘n Busdrywer van Amerika word geprys vir sy kalmte toe ‘n leerlingsoldaat ‘n skoolbus in Suid-Carolina wou kaap. Die man het die drywer en 18 leerlinge op die bus vir ‘n uur lank gyselaar gehou voor hy hulle laat gaan het. Volgens Amerikaanse nuusberigte is hy in hegtenis geneem.

Read More

NID moedig jeug aan om polities-bewus te raak

Jong Namibiërs word nou deur die Insitituut vir Demokrasie voorberei om betrokke te raak in politiek in die land. Die jeug kla dikwels oor politieke leiers wat te lank aan mag of hul posisies vasklou, sê die Uitvoerende Direkteur van NID, Naita Hishoono, wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het. Sy verduidelik wat NID doen […]

Read More

ECN soek nuwe Verkiesingskommissarisse

Die Verkiesingskommissie van Namibië is op soek na nuwe verkiesingskommissarisse wie se termyne aan die einde van die jaar verstryk. ECN het verlede week belangstellendes in advertensies in plaaslike koerante uitgenooi. Hulle sal ECN- Vooristter, Notemba Tjipueja, asook Ulrich Freyer en Elsie Nghikembua vervang wie se termyn einde verlede jaar verstryk het. Die nuwe kommissarisse […]

Read More

Waar gaan China se vuurpyl val?

Amerika het nog geen planne om die hoofsegment van China se Long March 5B-vuurpyl uit die lug te skiet nie, sê die Departement van Verdediging. Die segment van 18 ton sal straks Sondag neerstort, maar niemand is presies seker waar nie.

Read More

Mannetti stel sokkerboek bekend

Die voormalige Brave Warriors-afrigter, Ricardo Mannetti, gesels oor sy nuwe boek wat ‘n dekade van Namibiese sokkerprestasies vanaf 2010 tot 2020 bevat. Hy sê voorheen het Namibië slegs ‘n handjievol sokkerspelers gehad wat op professionele vlak gespeel het. Tans is daar meer as 50 professionele spelers wat ‘n aanduiding is dat die land sokkertalent het. […]

Read More