ECN soek nuwe Verkiesingskommissarisse

Die Verkiesingskommissie van Namibië is op soek na nuwe verkiesingskommissarisse wie se termyne aan die einde van die jaar verstryk. ECN het verlede week belangstellendes in advertensies in plaaslike koerante uitgenooi. Hulle sal ECN- Vooristter, Notemba Tjipueja, asook Ulrich Freyer en Elsie Nghikembua vervang wie se termyn einde verlede jaar verstryk het. Die nuwe kommissarisse sal aansluit by Gerson Tjihenuna and Evaristus Evaristus. Politieke ontleder Christie Keulder sê ‘n persoon wat verkiesings beheer, speel ‘n uiters belangrike rol in die demokrasie. Hierdie persoon moenie partypolitiek bedryf nie en die organisasie moet polities-neutraal wees. Hy sê dit is ‘n noodsaaklike en baie belangrike posisie in ‘n demokrasie.