NID moedig jeug aan om polities-bewus te raak

Jong Namibiërs word nou deur die Insitituut vir Demokrasie voorberei om betrokke te raak in politiek in die land. Die jeug kla dikwels oor politieke leiers wat te lank aan mag of hul posisies vasklou, sê die Uitvoerende Direkteur van NID, Naita Hishoono, wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het. Sy verduidelik wat NID doen om jong mense te help om meer by politiek betrokke te raak.