Soldaat hou bus met 18 kinders gyselaar

‘n Busdrywer van Amerika word geprys vir sy kalmte toe ‘n leerlingsoldaat ‘n skoolbus in Suid-Carolina wou kaap. Die man het die drywer en 18 leerlinge op die bus vir ‘n uur lank gyselaar gehou voor hy hulle laat gaan het. Volgens Amerikaanse nuusberigte is hy in hegtenis geneem.