74 Werkers keer terug werk toe maar staking duur voort by NBC

Die staking by die NBC duur voort, maar 74 werknemers het intussen teruggkeer werk toe.Die voorsitter van die raad van die openbare uitsaaier Lazarus Jacobs, sê in ‘n verklaring daar is op die oomblik 141 mense wat werk, aangesien 67 nie aan die staking deelneem nie. Die Engelse radiodiens, National FM, is ook weer terug op die lug. Volgens Jacobs sal meer regstreekse uitsendings hervat word namate meer werknemers terugkeer, werk toe.