Windhoek se begroting N$4,9 miljard

Stad Windhoek het sy begroting van N$4,9 miljard vir die 2021-2022 finansiële jaar aangekondig. Die Voorsitter van die Bestuurskomitee, Fillemon Hambuda, het gesê die begroting sal aan die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling vir goedkeuring voorgelê word. Hy sê in die begroting word aandag gegee aan die inwoners se behoeftes, veral diegene in informele nedersettings.