Internasionale betrekkinge kan armoede verlig – Hengari

Die tweede weergawe van die Harambee Welvaartsplan is steeds onder die loep by die regering se inligting sentrum in die hoofstad. Vanmiddag word die pilaar wat oor internasionale betrekkinge handel bespreek. Die Woordvoerder in die Presidensie Alfredo Hengari sê Namibië se doelwitte, soos armoede uitwissing kan bygestaan word deur interanasionale agendas te dryf. Hy verduidelik…

Read More

Vrou, 48, wen N$17 miljoen in lotto

‘n Agt-en-veertigjarige vrou van Pretoria beplan om haar Lotto-wengeld van 17 miljoen Suid-Afrikaanse rand te gebruik vir haar kinders se opvoeding. Sy sal ook van die geld aan ‘n liefdadigheidsorganisasie gee wat sy ondersteun. Sy beplan ook om haar onderneming uit te brei en haar gesin op ‘n lang vakansie na ‘n tropiese eiland te […]

Read More

Ouditeur-Generaal se 94 ouditverslae die jaar voorberei

Die Kantoor van die Ouditeur-Generaal sal die jaar 94 ouditverslae wat 39 regeringsinstansies en 55 streeks- en plaaslike owerhede insluit, voltooi. Die Minister in die Presidensie Christina //Hoebes het dit bekend gemaak met die begroting besprekings wat in die parlement gevoer word. Die Ouditeur-Generaal het net meer as 108 miljoen Namibiese doller in die huidige […]

Read More

Ian Wessels van RSG sterf

Die gewilde radio-omroeper Ian Wessels is op 60-jarige leeftyd dood. Wessels, wat ‘n vraag-en-antwoordprogram vir verbruikers op RSG aangebied het, was ook bekend vir sy geselsprogram, Loslip. Hy was ‘n gewilde motiveringspreker en het as komediant vertonings aangebied. Wessels het talle bestuursposisies in die uitsaaiwese beklee by radiostasies soos OFM en Radio Helderberg. Hy word […]

Read More

Tsjad se president sterf

Die hoof van die weermag in Tsjad, Generaal Mahamat Kaka sal vir die volgende 18 maande die regering van die lei na die dood van sy pa, Idriss Deby, die land se president. Die land se grondwet is vir die tydperk opgeskort. Deby is dood ‘n dag na hy as wenner verklaar is en ‘n […]

Read More

Namdia skenk aan vlugtelinge, Himbas

Die Namdia-stigting sal 10 metrieke ton se voedsel aan droogtegeteisterde gemeenskappe sowel as aan Angolese vlugtelinge oorhandig. Die besending het pas Windhoek verlaat. Namdia se Skakelbeampte Beverly Coussement het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Pensioenaris, 82, doodgeslaan, beroof

Die polisie in Windhoek het meer besonderhede bekend gemaak oor die roof en moord van ‘n 82-jarige vrou in haar huis in Kramersdorf in Swakopmund. ‘n Elektrisiën wat werk vir haar sou doen het vanoggend by haar huis aangekom en kon geen antwoord kry nie. Hy het haar dogter ontbied. Inspekteur Elifas Kuwinga, Woordvoerder van […]

Read More

LP’s vra vir verpligte berading vir geslagsgeweld slagoffers

Lede van die Nasionale Vergadering het gevra dat verpligte berading en ondersteuning aan slagoffers van geslagsgeweld ingestel word. Verskeie lede van die parlement het ingstem en meen dat dit die siklus van geweld in die Namibiese samelewing sal aanspreek. Volgens Maureen Hinda, ‘n Swapo-lid, is geslagsgeweld wel ‘n siklus en trauma lei tot meer geweld. […]

Read More

Vakbond sê ‘sommeliers’ moet voorkeur kry vir inenting

Franse professionele fynproewers van wyn staar volgens internasionale nuusagentskappe ‘n onsekere toekoms in die gesig as gevolg van Covid. Talle het volgens Reuters hulle smaak- en reuk-sintuie verloor met die virus en kan dus geensins ‘n lewe maak nie. ‘n Franse vakbond vir wynproewers het ‘n beroep op die Franse regering gedoen om hulle te […]

Read More

Namibië het selektiewe moraliteit

Ndiilo Nthengwe, ‘n Gemeenskapsaktivis in Namibië en ook ‘n SAOG Jeug Parlementslid, sê Namibië het selektiewe moraliteit en dit word so toegepas, veral in die geval van die regte van LGBTQ gemeenskap. Volgens haar is homofobie en patriargie van die grootste uitdagings.

Read More