Waar gaan China se vuurpyl val?

Amerika het nog geen planne om die hoofsegment van China se Long March 5B-vuurpyl uit die lug te skiet nie, sê die Departement van Verdediging. Die segment van 18 ton sal straks Sondag neerstort, maar niemand is presies seker waar nie.