Napwu: NBC verwar werkers

Die Namibiese Nasionale Uitsaaier se direksie en bestuur het pas ‘n mediaverklaring uitgereik waarin personeel bedank word wat nie gestaak het nie, asook diegene wat besluit het om terug te keer werk toe. Hierdie verklaring word egter deur NBC-werkers se vakbond, Napwu, se Senior Organiseerder, Katuo Kleophas, bevraagteken. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy bewus is van slegs 1 personeellid wat teruggekeer het werk toe. Hy het gesê dit is ‘n taktiek van die NBC om hul werkers te verwar, veral diegene ver weg van Windhoek.