Kavango-Wes kry Gesondheidsdirekteur

Fransiska Hamutenya is as die Gesondheidsdirekteur in die Kavango-Wesstreek aangestel, berig Namibiese media. Voor haar aanstelling op 26 April het die streek onder die gesondheidsdirektoraat van die Kavango-Oosstreek geval. Hamutenya sê sy gaan die streek se bestuurspan en programbestuurders vestig wat noodsaaklik is om dienslewering vir inwoners te versterk. Sy is tans die enigste personeellid in die streek en meer personeel sal aangestel word.