Copps skop vanaand 8 uur af

Kosmos 94.1 se Copps-program is van vanaand af terug op die lug saam met ons borge G4S Namibia, Auas Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, Emed Rescue 24 en Windhoek City Police Service – WCPS. Die publiek word aangemoedig om misdaad by 94100 aan te meld en die span sal dadelik na die misdaadtoneel vertrek. Darren Smith van Kosmos 94.1 Nuus sien uit na vanaand wanneer hulle om 8 uur afskop.