F1 gaan China toe

Formule Een is vir die eerste keer in vyf jaar terug in China met ‘n naweek wat ‘n Saterdag-snelren insluit. Met slegs ‘n uur om hiervoor te oefen het verskeie renjaers kommer uitgespreek oor beperkte oefening op ‘n opgeknapte baan, wat volgens die huidige spesifikasie vir F1-motors, onbekend is. Sjanghai-nuweling, Oscar Piastri neem aan sy […]

Read More

5G is veilig – geen rede tot kommer

Suid-Afrika was die eerste land in Afrika wat 5G-dienste in 2020 kommersieel bekendgestel het, met ‘n geraamde 5 miljoen gebruikers teen die einde van 2022, volgens TeleGeography. Tot op hede, en na baie navorsing, is geen nadelige gesondheidseffekte gekoppel aan blootstelling aan draadlose tegnologieë nie. Tydens die eerste aankondiging van 5G-ontplooiing in Namibië was baie […]

Read More

Florin hoor vandag oor parool-aansoek

Thomas Florin, die man wat in 1998 sy vrou Monica, in Swakopmund vermoor, haar liggaam opgesny en gekook het, en sê hy moet in aanmerking kom vir parool, sal na verwagting vandag by regter Boas Usiku hoor of sy aansoek geslaag het of nie. Ter sprake in die saak is die wet wat hersien is […]

Read More

Russe sal nie ontgin voor risiko vir besoedeling bepaal is nie

Die landbouminister Calle Schlettwein hou voet by stuk dat daar geen permitte sal wees vir Uranium One alvorens die besoedelingsrisiko aangespreek word. Ontginningsregte naby Leonardville is reeds in 2019 toegeken aan Rusland se Rosatom-filiaal maar die landbouministerie het egter die vereiste mynpermit weerhou. Schlettwein sê die maatskappy se onttrekkingsmetode kan dalk besoedeling veroorsaak:

Read More

Miljoenêrs en armoede… waar’s die middelklas?

Die aantal Namibiese miljoenêrs was die week in die nuus en Henley & Partners sê vooruitskattings wys groei in lande soos Namibië en Mauritius sal Afrika se miljoenêrbevolking in die komende dekade met 65 persent laat styg. Tans het Namibië 2 300 individue met rykdom van 19 miljoen Namibiese dollar en drie miljardêrs. Maar, terwyl […]

Read More

Ram dood blykbaar sy eienaars

Nieu-Seelandse polisie het ‘n ram doodgeskiet nadat hy vermoedelik sy eienaars se dood veroorsaak het. Die polisie het op die liggame van die bejaarde egpaar in die kampie langs hul huis in Waitakere afgekom nadat hul seun bekommerd geraak het. Die dier was steeds daar en het die polisie aangeval, wat besluit het om hom […]

Read More

Malaria: Daar is geen epidemie nie, meen minister

PDM-parlementslid Winnie Moongo het die gesondheid minister in die Nasionale Vergadering gevra watter stappe die ministerie neem om die tekort aan materiaal en toerusting vir malaria-toetse aan te spreek. Daar is meer as 6 000 malaria-gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld, wat meer as dubbel is as die vorige jaar. Van die syfer was […]

Read More

Baie vordering gemaak in herlewing van Tshwane-bestuur

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê aansienlike vordering is gemaak om die munisipaliteit te laat herleef. Brink beklemtoon die aanstel van ‘n nuwe topbestuurspan wat gefokus is op prestasie en integriteit. Hy is in sy stadsrede vol vertroue om ‘n ongekwalifiseerde oudit te bereik deur die oorblywende kwessies aan te pak, en beklemtoon die […]

Read More

Kenia se militêre hoof sterf in helikopter ongeluk

In Kenia het vyf soldate gesterf nadat ‘n militêre helikopter in die weste van die land neergestort het. Kenia se militêre hoof, generaal Francis Omondi Ogolla, was een van hulle. President William Ruto het drie dae van rou aangekondig en ‘n dringende vergadering van die Nasionale Veiligheidsraad byeengeroep. Minstens tien soldate is in Junie 2021 […]

Read More

Israel val Iran aan, olie styg met amper 5%

Israel het ‘n missielaanval in Iran geloods. Iran se semi-amptelike Fars-nuusagentskap berig dat ontploffings in die Isfahan-provinsie voorgekom het met staatstelevisie wat sê dat vlugte in verskeie stede opgeskort is. Daar was ook berigte van ontploffings in Sirië en Irak. Die aanval is in weerwraak vir Iran se aanval op Israel oor die naweek, na […]

Read More