Malaria: Daar is geen epidemie nie, meen minister

PDM-parlementslid Winnie Moongo het die gesondheid minister in die Nasionale Vergadering gevra watter stappe die ministerie neem om die tekort aan materiaal en toerusting vir malaria-toetse aan te spreek. Daar is meer as 6 000 malaria-gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld, wat meer as dubbel is as die vorige jaar. Van die syfer was 630 mense in die hospitaal en 15 is oorlede. Plaaslike media het berig die siekte het in ten minste 15 distrikte epidemiese drempels oortref. Gesondheid minister dr. Kalumbi Shangula het in sy antwoord ontken dat daar ‘n epidemie is.