Lüderitz het blink toekoms: burgemeester

Met al die ontwikkeling wat in Lüderitz beplan word het die burgemeester die hoop dat die dorp die hoofstad van die Suide gaan word. President Nangolo Mbula het onlangs die dorp besoek en Hyphen Energy gaan belê in meteorologiese maste in en om die die dorp. Dit is bo en behalwe die olie- en gas-sektor […]

Read More

Kleinhandelverkope in SA daal steeds

‘n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op ‘n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van ‘n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op ‘n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel van ‘n duik maak aan […]

Read More

Dubai ruim op na oorstromings

Die woestynstad Dubai is besig om sy water-oorvloede paaie skoon te maak en oorstroomde huise uit te droog, twee dae nadat ‘n rekordstorm ‘n jaar se reën in ‘n dag laat val het. Baie paaie is steeds oorstroom in die nasleep van Dinsdag se vloed. Die reën was die swaarste wat die Verenigde Arabiese Emirate […]

Read More

Haaie laat rus Springbok-sterre vir Glasgow-wedstryd

Rugby: Die Haaie het verskeie veranderings gemaak vir hul VRK-kragmeting in Skotland teen die Glasgow Warriors. Die kaptein, Lukhanyo Am, die vleuel, Makazole Mapimpi, die skrumskakel, Jaden Hendrikse, die stut Ox Nche, die haker, Bongi Mbonambi, en die slot Eben Etzebeth, kry almal ruskans. Die afrigter, John Plumtree, het die behoefte in ag geneem om […]

Read More

Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 25 April vrae sal stel aan myne en energie minister Tom Alweendo rakende korrupsie, binnehandel en persoonlike viktimisasie in die ministerie. Volgens Venaani het die ministerie goud-eksplorasielisensies onregmatig aan Osino Resources oorgedra. Hy het bygevoeg dat die minister […]

Read More

Benede-Oranjerivier styg uiteindelik

Die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend effens afgeneem van 1,38m tot 1,37m. Die Okavangorivier by Rundu is steeds laer as dieselfde tyd verlede jaar en die watervlak was 5,37m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend teen 300,6 kubieke meter per sekonde gevloei. Die watervlak by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede-Oranjerivier […]

Read More

Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

Die DA het ‘n mosie ingedien vir ‘n ad hoc gesamentlike komitee om die verhoogde salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George, te ondersoek. Dit volg op onthullings van ‘n 70-persent verhoging, na bewering goedgekeur deur die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Siviwe Gwarube […]

Read More

Aandelemarkte styg in Asië, Europa

Aandelemarkte in Asië en Europa het vandag gestyg met handelaars wat besin oor die vooruitsigte vir Amerikaanse rentekoerse. Oliepryse neig steeds laer weens minder aanvraag in die Verenigde State en kwynende vrese oor ‘n streeksoorlog in die Midde-Ooste. Beleggers het verkope op Wall Street ignoreer waar tegnologiefirmas getref is deur bekommernisse van rentekoerse wat langer […]

Read More

NUS soek maandelikse nie-onderrigbetalings by NSFAF

Die Studente-unie van Namibië, NUS, wil hê dat alle studente teen die einde van hierdie maand maandelikse nie-onderrigbetalings van die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, ontvang. Die unie se president, Benhard Kavau, sê as die hulpfonds nie aan hul pleidooi gehoor gee nie, sal hulle ‘n betoging hou. Dit kom nadat studente hul kommer gedeel […]

Read More

Cross-country reeks hierdie naweek in Kleine Kuppe

Die Namibiese Fietsryfederasie bied hierdie naweek saam met die Rock and Rut Bergfietsklub die klub cross-country reeks wedrenne en die UCI-cross-country junior reeks wedren aan. Dit sal Saterdagoggend om 9-uur by die IJG-roetes in Kleine Kuppe, Windhoek plaasvind. Die reeks, wat al meer as 20 jaar plaasvind, sal na verwagting meer as 100 plaaslike bergfiets-entoesiaste […]

Read More