Baie vordering gemaak in herlewing van Tshwane-bestuur

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê aansienlike vordering is gemaak om die munisipaliteit te laat herleef. Brink beklemtoon die aanstel van ‘n nuwe topbestuurspan wat gefokus is op prestasie en integriteit. Hy is in sy stadsrede vol vertroue om ‘n ongekwalifiseerde oudit te bereik deur die oorblywende kwessies aan te pak, en beklemtoon die finansiële reddingspoging duur voort, met baie werk wat voorlê.