Kenia se militêre hoof sterf in helikopter ongeluk

In Kenia het vyf soldate gesterf nadat ‘n militêre helikopter in die weste van die land neergestort het. Kenia se militêre hoof, generaal Francis Omondi Ogolla, was een van hulle. President William Ruto het drie dae van rou aangekondig en ‘n dringende vergadering van die Nasionale Veiligheidsraad byeengeroep. Minstens tien soldate is in Junie 2021 dood toe hul helikopter neergestort het terwyl hulle naby die hoofstad, Nairobi, geland het.