Israel val Iran aan, olie styg met amper 5%

Israel het ‘n missielaanval in Iran geloods. Iran se semi-amptelike Fars-nuusagentskap berig dat ontploffings in die Isfahan-provinsie voorgekom het met staatstelevisie wat sê dat vlugte in verskeie stede opgeskort is. Daar was ook berigte van ontploffings in Sirië en Irak. Die aanval is in weerwraak vir Iran se aanval op Israel oor die naweek, na Israel sy konsulaat in Damaskus in Sirië aangeval het. Iranse owerhede het Israel gewaarsku dat sou hy aanval, sal Iran met alle mag terugslaan. Die prys van Brent ru-olie het met amper 5 persent gestyg en dit verhandel nou rondom 90 Amerikaanse dollar en 50 sent ‘n vat.