Miljoenêrs en armoede… waar’s die middelklas?

Die aantal Namibiese miljoenêrs was die week in die nuus en Henley & Partners sê vooruitskattings wys groei in lande soos Namibië en Mauritius sal Afrika se miljoenêrbevolking in die komende dekade met 65 persent laat styg. Tans het Namibië 2 300 individue met rykdom van 19 miljoen Namibiese dollar en drie miljardêrs. Maar, terwyl daar al hoe meer rykdom bestaan is daar ook toenemende armoede en druk op die middelklas neem toe met huishoudings wat armer raak. ‘n Kwynende middelklas is uiters gevaarlik vir enige land omdat hulle die regering dra. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, hieroor gepraat.