KosMOSfees was ‘storm-fees’, sê Kurt Darren

Die inwoners van Pionierspark slaak seker ‘n sug van verligting met die KosMOSfees wat gisteraand by die Wanderers-velde ten einde geloop het. Die fees was ‘n reuse-sukses, met 20 uur se Afrikaanse musiek oor die twee dae. Reaksie op die fenomenale projek is oorweldigend positief. Een van die sterre wat opgetree het, Kurt Darren, het […]

Read More

NSRI red 22 vissermanne in Tafelbaai

Die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is ‘n langlynvistreiler begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie […]

Read More

Britse troepe gaan dalk in Gaza help

Britse troepe gaan moontlik in Gaza ontplooi word om hulp via ‘n nuwe seeroete te lewer. Amerika het gesê geen Amerikaanse magte sal aan land gaan nie en ‘n ongenoemde “derde party” gaan vragmotors van ‘n drywende platform na die strand bestuur. Die Verenigde Koninkryk oorweeg glo om Britse troepe vir die taak in te […]

Read More

Groot VRK oorwinnings vir Stormers, Bulle

Rugby: Na agtereenvolgende tuisnederlae in die Verenigde Rugby-kampioenskappe was die Stormers gisteraand in Kaapstad weer op koers met ‘n bonuspunt-oorwinning van 42-12 teen Leinster. Die Stormers is nou vyfde op die punteleer. Op Loftus het Kurt-Lee Arendse en Canan Moodie beide vir die Bulle twee drieë teen die Ospreys ingeryg. Die Bulle se 61-24 bonuspunt-sege […]

Read More

TotalEnergies kyk na tot 180 000 vate olie per dag van Venus-projek

TotalEnergies beoog om die eerste fase van sy groot Venus-projek aflandig van Namibië se suidelike kus aan die einde van 2025 goed te keur, wat produksie van soveel as 180 000 vate per dag teiken. Daar word bereken dat Venus sowat twee biljoen vate herwinbare olie hou. TotalEnergies se uitvoerende hoof Patrick Pouyanne, sê dat […]

Read More

Cyril sê regering sal werk vir Mandela se ideale

President Cyril Ramaphosa sê ter nagedagtenis aan wyle president Nelson Mandela sal die regering steeds onvermoeid werk om die demokratiese ideale te bereik waaraan hy en baie ander hulle lewens gewy het. Ramaphosa het by die viering van Vryheidsdag by die Uniegebou gepraat. Hy sê baie min dae in die lewe van die nasie kan […]

Read More

Russiese missiele peper Oekraïne se kragfasiliteite

Russiese missiele het kragfasiliteite in sentraal- en wes-Oekraïne hard geslaan, wat die druk op die energiestelsel verhoog. Die lugaanval, uitgevoer met langafstandmissiele, insluitend kruismissiele wat afgevuur is deur Russiese strategiese bomwerpers wat in die Noordpoolsirkel gebaseer is, was die vierde grootskaalse lugaanval wat die kragstelsel geteiken het sedert 22 Maart. President Volodymyr Zelenskiy het ‘n […]

Read More

Mboma, Hainuca blink uit by Senior Atletiekkampioenskappe

Christine Mboma het by die Senior Atletiekkampioenskappe wat by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek gehou is die 200 meter nasionale titel in 24.11 sekondes gewen. Mboma het ook die 100 meter-titel gewen met ‘n tyd van 11.61 sekondes. In die 100 meter vir mans het Gilbert Hainuca die titel in ‘n blitsvinnige 9.86 sekondes gewen, wat […]

Read More

Ma van duine-dogtertjie gevind, gearresteer

Die moeder van ‘n 16-maande-oue dogtertjie wat in die duine langs die pad vanaf Walvisbaai na Swakopmund gevind is, is opgespoor en in hegtenis geneem. Die Walvisbaai-polisie sê die 24-jarige vrou is in ‘n sjebien in Kuisebmond gevind waar sy kapana verkoop het. Daar word beweer dat die verdagte haar babadogtertjie in die Narraville-duinegebied gelos […]

Read More

Impala Platinum se afleggings kan 4 000 werkers raak

Impala Platinum het die aanvang van ‘n raadplegings-proses vir personeelvermindering by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede aangekondig, waarin byna 4 000 poste geraak kan word. Die uitvoerende hoof, Nico Muller, noem die dalende platinumgroep-metaalpryse en aanhoudende inflasionêre druk as die sleutelfaktore wat winsgewendheid beïnvloed. Finansiële uitdagings duur ten spyte van vorige kostebesparingspogings voort, wat maatreëls noodsaak om […]

Read More