VN se sekretaris-generaal ontmoet Dinsdag vir Putin

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sal Dinsdag in Moskou met Russiese President Vladimir Putin en Sergey Lavrov, sy minister van buitelandse sake, samesprekings voer. Twee dae later sal hy vir President Volodymyr Zelensky in die Oekraïne ontmoet. Guterres het aan internasionale media gesê daar is slegs een agendapunt, vrede.

Read More

Bulle speel vir wyle Wannenburg, wen 46-29

Die Bulle het vir wyle Pedrie Wannenburg, hul oud-spanmaat wat in Houston, Texas, in ‘n motorongeluk gesterf het, gespeel en gewen. ‘n Oomblik van stilte is op Loftus Versfeld voor die afskop van die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd ter ere van Wannenburg gehou. Die Bulle het Benetton met 46-29 geklop danksy Kurt-Lee Arendse. Marcell Coetzee, Chris Smith en Cyle Brink. Simphiwe Matanzima het op die nippertjie ‘n drie […]

Read More

Amupanda sê NLU is verteenwoordigers van setlaars en onderdrukkers

Die Namibiese Landbou-unie is deur die Nasionale Vergadering genooi om ’n verhoor by te woon aangaande ’n petisie vir die regulering van buitelandse grondeienaarskap in Namibië. Hierdie besprekings is voorafgegaan deur die indiening van ’n petisie deur die Affirmative Repositioning-beweging  om die Wetsontwerp op die Regulering van Grondeienaarskap deur Buitelanders te wysig. Die landbou-unie het gesê buitelandse […]

Read More

Bedingingsraad verwerp saak van onbillike afdankings in Johannesburg

Die Stad Johannesburg het ‘n beslissing van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsbedingingsraad verwelkom. Die raad het die saak van stadswerknemers verwerp wie se vaste-termynkontrakte onwettig deur die voormalige burgmeesterskomitee na permanente poste  verander is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Groep-Korporatiewe- en Gedeelde Dienste, Leah Knott, sê dié finale beslissing van die raad kanselleer gister se Arbeidshofbeslissing. Knott sê die stad gaan voort met die normaliseringsproses van kontrakte […]

Read More

Austin-polisie sê 16-jarige jaag teen 160 km/h in Wannenburg-voertuig vas

Die polisie in Austin in die Amerikaanse deelstaat Texas sê ‘n 16-jarige voortvlugtige het 160 kilometer per uur agter in die voertuig van Springbok-rugbyspeler Pedrie Wannenburg en sy gesin voertuig vasgejaag, deur die lug getrek en toe die kant van nog ‘n voertuig getref. Wannenburg is op slag dood en sy seun, Francois, veg om sy lewe […]

Read More

Waarnemende afrigers van Kaizer Chiefs kom vandag voor hul eerste toets te staan

Sokker: Die nuutaangestelde waarnemende afrigters van Kaizer Chiefs, Arthur Zwane en Dillon Shepherd, lei die span wanneer hulle vanmiddag teen Stellenbosch FC te staan kom. Die twee is aangestel ná die afdanking Donderdag van Stuart Baxter. Dit is die tweede keer dat Zwane en Shepherd as tydelike afrigters aangestel is. Hulle het verlede seisoen dieselfde poste beklee […]

Read More

Voedselproduksie in Namibië nie so maklik – landboukenner

Almal sê dat Namibië sy eie voedsel moet produseer. Maar is dit so maklik soos dit? Die idee dat ons selfvoorsienend kan word, is bloot ‘n teorie, volgens Wallie Roux, ‘n plaaslike landbounavorser…

Read More

Tertius Simmers gereed vir nuwe pos in infrastruktuur-ontwikkeling

Die voormalige Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, Tertuis Simmers, het sy aanstelling as die LUR vir infrastruktuur-ontwikkeling verwelkom. In sy nuwe rol sal Simmers toesig hou oor die daarstelling van ‘n departement wat aan die begin van die nuwe boekjaar op dreef sal kom. Simmers sê die 30,3 miljard rand wat aan infrastruktuur oor die mediumtermyn toegewys is, sal help met […]

Read More

Frankryk reik ook lasbrief vir inhegtenisname vir oudhoof van Nissan uit

Franse owerhede het ‘n internasionale lasbrief uitgereik vir die inhegtenisname van Charles Ghosn, oudhoof van Nissan, wat uit Japan na Libanon gevlug het om vervolging vir finansiële misdrywe te systap. Parys beskuldig hom van geldwassery en korrupsie. Ghosn, wat in 2019 op dramatiese wyse in ‘n musiektas uit Japan gevlug het, is verbaas dat Frankryk ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname […]

Read More

Bokke gaan in Toulon vir Wêreldbeker bly

Rugby: Die Springbokke het gekies om in die suidelike kusstad Toulon te bly tydens die groepswedstryde van volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Die verdedigende kampioen sal in die hoofstad, Parys, oorbly vir sy groepskragmeting met Ierland op die Stade de France in Saint-Denis. Die toernooi begin op 8 September met die wedstryd tussen die gasheer en die All Blacks in Parys. Suid-Afrika se eerste […]

Read More