Austin-polisie sê 16-jarige jaag teen 160 km/h in Wannenburg-voertuig vas

Die polisie in Austin in die Amerikaanse deelstaat Texas sê ‘n 16-jarige voortvlugtige het 160 kilometer per uur agter in die voertuig van Springbok-rugbyspeler Pedrie Wannenburg en sy gesin voertuig vasgejaag, deur die lug getrek en toe die kant van nog ‘n voertuig getref. Wannenburg is op slag dood en sy seun, Francois, veg om sy lewe nadat hy met ‘n helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is. Die 16-jarige bestuurder wat die ongeluk veroorsaak het, en sy drie minderjarige passasiers is ook in die hospitaal opgeneem. Pedrie se vrou Evette en hul dogter Isabella is ongedeerd