VN se sekretaris-generaal ontmoet Dinsdag vir Putin

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sal Dinsdag in Moskou met Russiese President Vladimir Putin en Sergey Lavrov, sy minister van buitelandse sake, samesprekings voer. Twee dae later sal hy vir President Volodymyr Zelensky in die Oekraïne ontmoet. Guterres het aan internasionale media gesê daar is slegs een agendapunt, vrede.